Omstrede intriges jaag getroue 7de Laan-kykers dikwels die harnas in, maar min so erg soos Charmaine Meintjies se drinkery.

Dit het alles begin met ’n onskuldige glasie Hanepoot ná werk. Saans, nadat Charmaine Oppiekoffie se deur toegetrek het, het die Laners die een ná die ander vir ’n sopie ingeval.

Altyd het dit maar by een glasie gebly.

Maar ná Neville, haar man, se dood het die lewe net te veel geword vir Charmaine, vertel die aktrise Vinette Ebrahim, wat dié rol in die SABC2-sepie al 13 jaar vertolk.

Charmaine was die eksekuteur van Neville, gespeel deur Zane Meas, se boedel.

Lees meer in die nuutste uitgawe.