Nico is bykans drie jaar gelede aangekeer na André Gouws in trane getuig het hy het hom opdrag gegee om vir Chanélle te vermoor. Volgens André sou hy R1 miljoen vir dié huurmoord ontvang.
Chanélle is 8 November 2011 doodgeskiet buite die kleuterskool van haar seun. Nico het André glo ook gevra om sy, in daardie stadium vervreemde vrou in ’n slegte lig te stel. Die motief vir die moord was sodat Nico glo volle toesig oor hul kind kon kry. André het ook erken dat Nico hom gevra het om Chanélle dop te hou en seker te maak dat sy nie dwelms gebruik nie. André is vroeër vanjaar skuldig bevind aan Chanélle se moord. Hy is saam met die Nigeriese atleet Ambrose Monye gevonnis.

“Nico Henning, haar man, het my opdrag gegee om haar te vermoor,” het André in die getuiebank gesê. Nico Henning wou destyds nie kommentaar op bewerings lewer dat hy by sy vermoorde vrou se dood betrek word nie. Sy prokureur het aan Huisgenoot gesê dit is onvanpas om in daardie stadium vrae aan sy kliënt te stel. Op 6 Desember 2013 het Nico die eerste keer in die hof op aanklag van moord en sameswering tot moord verskyn. Hy is sowat 'n week later op borgtog van R10 miljoen vrygelaat. Dit gons op Twitter.