Regterpresident Frans Kgomo sou Donderdag begin het om uitspraak te lewer.

Volgens Volksblad het die opdraggewende prokureur Stoffel de Jager gesê die nuwe prokureur, Riaan Bode van Engelsman en Magabane, het hom Maandagmiddag gebel en hom van die nuwe verwikkelinge vertel.

Dit is nie bekend wie die advokaat sal wees wat nou namens die seun sal optree nie.

Volksblad berig dat volgens ’n regsgeleerde is daar baie moontlikhede oor wat nou kan gebeur. Die nuwe regspan kan vra om ’n nuwe betoog te lewer, of die pleit verander of die saak heropen. Die regter sal waarskynlik gedwonge toestemming gee in belang van geregtigheid.