A photo posted by Robert Kugler (@robkugler) on

“Ná vandag se toetse lyk dit asof pynverligting die plan van aksie is, terwyl ons steeds probeer om die vinnige verspreiding van kanker in haar mond te beperk . . . Ek is baie bewus daarvan om besluite te neem in die beste belang van Bella; nie vir myself, dokters of volgelinge nie. Dit gaan oor wat die beste vir haar is, wat die gemaklikste is en wat die minste indringend is.”

A photo posted by Robert Kugler (@robkugler) on
Later laat Rob weet: “Herenig met my pragtige dogter ná ’n lang dag van toetse. Om na die RT-skandering te kyk, was ongelooflik. Dat sy so lank so goed vaar met soveel kanker in haar lyf, verstom selfs die dokters van CSU Animal Cancer Center elke dag. Die skandering het gewys sy is ’n goeie kandidaat vir spesiale bestraling sonder om openinge (fistels) aan haar lyf te maak.” Rob is baie dankbaar daarvoor.
Talle diereliefhebbers sal saamstem met Eckhart Tolle, wat in sy boek Guardians of Being skryf: “The vital function that pets fulfill in this world hasn’t been recognised. They keep millions of people sane.’’ Daar is 'n bekende strokiesprent met hierdie aanhaling waarin die hondjie aan sy eienaar sê: “Genees!”

A photo posted by Robert Kugler (@robkugler) on

En dis presies wat 'n mens, soms met hulp, moet doen wanneer jou vierpotige metgesel skielik nie meer daar is nie. Robert Kugler van Nebraska het besluit om met sy getroue, sjokoladebruin Labrador, Bella (9), op ’n epiese tog deur Amerika te gaan, nadat kanker by haar gediagnoseer is.

A photo posted by Robert Kugler (@robkugler) on

Dis sy manier om nou al voor te berei op die dag dat sy nie meer daar is nie. Een van haar voorbene moes geamputeer word weens die kanker, maar kyk 'n mens na hul Instagram-foto’s (@robkugler), geniet sy met ’n stertswaai en tong wat uithang, elke oomblik van hul avontuur.

A photo posted by Robert Kugler (@robkugler) on

Robert het sy broer in die Irak-oorlog in 2007 verloor en sy oudste suster twee jaar gelede in ’n motorongeluk. “Wanneer jy sien dat lewens so vinnig eindig voor mense die dinge kan doen waarvan hulle droom,’’ vertel Robert.

“Ek voel op hierdie oomblik is dit my doel; hierdie hoofstuk in my lewe is om te verken saam met my hond.”

Uit Amerika laat Rob Huisgenoot weet: "Baie dankie weer vir julle almal wat ’n goeie storie versprei op jul pad.”

Rob Kugler se webtuiste is www.rklifeillustrated.com