Verskeie treinwaens was in vlamme gehul nadat 'n ligte trok en 'n trein by 'n spoorwegkruising gebots het. Riana Scott van Metrorail het aan EWN gesê daar kan in hierdie stadium nog nie bevestig word of daar enige beserings was nie. Onbevestigde berigte dui daarop dat die treindrywer na die hospitaal gehaas is.

Bronne: iafrica.com/sa-news, ewn.co.za

Vroeër vandag

Dit is in hierdie stadium nog nie bekend wat die oorsaak van die ongeluk was nie en of enigiemand in die voorval beseer is nie.
Metrorail het net na 16:00 aangekondig dat vertragings van tot 'n halfuur verwag kan word. Treindienste is by Stellenbosch gestaak en passasiers word met busse tussen Muldersvlei en Stellenbosch vervoer.

Die ongeluk het ook 'n impak op die Ou Paarl-pad (die R101) met verkeersvertragings in beide rigting.

Bronne: ewn.co.za, gometroapp.com, Twitter