Die verdagte, intussen geïdentifiseer as Mortimer Saunders, is deur ontstoke lede van die gemeenskap uitgejou en gedreig.

Courtney se lyk is Saterdag in ’n vlak graf langs ’n verlate treinspoor in die nywerheidsgebied Epping, sowat 2 km van haar huis, gevind.

Daar was ’n chaos toe Saunders ná afloop van die verrigtinge deur die polisie weggeneem is. Omstanders het die polisievoertuig met klippe bestook terwyl ander agter die voertuig aangehardloop het.

 

Kort ná die hofverrigtinge het Eric Ntabazalila, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag, die klagte teen Saunders – een elk van ontvoering en moord, asook twee van verkragting – bevestig.