Roger Hussey (70) van Perth het Woensdag ten aanskou van hordes mense op die Kata-strand sowat 30 meter tot in die oseaan geval.

Hy is deur omstanders na die strand gebring en hospitaal toe geneem waar hy omstreeks 14:00 dood verklaar is. Amptenare het gesê hy het rooi merke op sy liggaam gehad toe hy uit die water kom.  

Volgens Daily Mail het Roongroj Rakcheep wat saam met Roger op in die lug was gesê hy het paniekerig geword en per ongeluk sy harnas losgemaak. 

Ander berigte sê weer boot-operateurs het aan plaaslike polisie gesê dat hulle per ongeluk ’n haak getrek het wat daartoe aanleiding gegee het dat sy harnas losgekom het.  

Roger se Thaise vrou Boosabong Tongsanga het ontken dat Roger vir sy eie dood verantwoordelik was.

Sy het die skrikwekkende gebeure op video vasgelê.

Roger was op die twaalfde dag van sy vakansie en was aanvanklik in die noorde van die land in Chiang Mai omgewing.

Hy was bekend in sakekringe in Wes-Australië en het ’n regsgraad gehad, waarna hy ’n graad in ekonomie en politiek by Oxford Universiteit verwerf het.

Die sweefseiloperateur en die bootbestuurder word aangekla van nalatigheid en die saak word ondersoek

Bronne: Abc.net.au, Dailymail.co.uk, Independent.co.uk