Die bestuurder wat, volgens die polisie, dronk was, is na veiligheid “gepluk”. Die reddingspoging is vasgevang op die skokkende video hier bo. (Die video kan sommige mense ontstel.)

Lance Whitted, 'n polisiebeampte, kan op die video gesien word waar hy aan 'n struikelende man trek. Die man val toe die trein naderkom. Net toe die pendeltrein die motor tref en die voorkant daarvan verfrommel, slaag hy daarin om die man na veligheid te sleep.

Daar is verskeie klagtes teen die bestuurder ingedien. Dit sluit in: bestuur onder die invloed van alkohol en bestuur sonder 'n lisensie. Hy is vir geringe beserings behandel.

Bronne: Time, The Independent, YouTube.