Die dramatiese oomblik toe ’n reuse-waterpyp in Kiëf in Oekraïne bars, is op kringtelevisie vasgevang.

Die video wys hoe die oppervlak van ’n parkeerterrein oopbars en strate met modderwater oorstroom toe die pyp Maandag in dié Oos-Europese hoofstad bars.

Volgens die BBC is talle voertuie en vensters beskadig, maar geen beserings aangemeld nie. Die oorsaak van die voorval is nog nie bekend nie.