Vigili del Fuoco, die plaaslike brandweer- en nooddiens het ’n kort rukkie gelede hierdie dramatiese video op Twitter gedeel. Daarvolgens is ’n nabygeleë gebou as voorsorgmaatreël ontruim.

Gerugte het gou die ronde in die sosiale media gedoen oor ’n moontlike terreuraanval en dat die Vatikaanstad die teiken daarvan was.

Ooggetuies het beweer dat die rook afkomstig is van ’n gebou wat regs langs die hoofkwartiere van die Rooms-Katolieke kerk is terwyl ander weer gesê het die ontploffing het by ’n motorhawe of skrootwerf naby die Vatikaanstad se mure plaasgevind.

Bykomende bron: dailymail.co.uk