Paramedici het die man sowat 40 meter bokant die grond gevind, sê die ER24-woordvoerder Russel Meiring. Die polisie het hulle ontbied.

“Die Vrystaat EMS-kollege en ER24 paramedici het spesiale reddingstoerusting ingespan om die pasiënt te bereik. Een paramedikus het hom bereik en hy is in ’n harnas geplaas en veilig grond toe gebring,” het Russel gesê.

Die man het mediese hulp op die toneel ontvang voor hy hospitaal toe geneem is.

Volgens Julius Fleischman, die bevelvoerder van die reddingspan van die departement van gesondheid, was die man in ’n "uiters onstabiele" geestestoestand en na wat vermoed word, wou hy sy eie lewe neem.

“Hy was in ’n toestand en ons het vir hom emosionele ondersteuning gebied en sy lewenstekens nagegaan voor hy hospitaal toe is,” het Russel bygevoeg.

Dis onduidelik hoe hy op die kragpaal beland het.

"Dit was een van die moeilikste en gevaarlike tonele wat ons in lang tyd gehad,” het Julius ook gesê.

Bronne: News24; Bloemfontein Courant

Ander stories op Huisgenoot.com:

Kyk: Karen Zoid en Jan Blohm gee Groen Trui saam nuwe lewe

Seer knieë? Probeer botoks

Ses redes waarom jy meer groentee behoort te drink

Verkeerspolisie ry doelbewus rondloperhond dood sodat ‘dit nie ly nie’

Hardewareprobleme pootjie Telkom-gebruikers wat lugtyd wil herlaai

Dapper kankerlyertjie skitter op New Yorkse modeplank