Dit is dalk seelui se grootste vrees: die oomblik wat jou anker losskiet en karplaks! in die see in stort.

In hierdie video is dit presies wat gebeur. Die ankermeganisme op die skip, wat vermoedelik van Rusland afkomstig is, fouteer en in plaas daarvan dat die anker rustig afsak, gly dit blitsvinnig na die seebodem en die friksie veroorsaak 'n vlammehel op die dek.

In die video kan gesien word hoe matrose hardloop om weg te kom van die rokende ankermeganisme en die ketting wat enige oomblik kan losskiet.

Op só 'n reuseskip kan die anker tot soveel as 5 ton weeg. So dis eintlik teverstane hoekom dit so vinnig geval het.

Gelukkig is niemand beseer nie, maar mens kan nie help om nou te wonder nie: hoe gaan die skip ooit weer stop?

The_loss_of_an_anchor_on_the_ship