[caption id="attachment_156663" align="alignnone" width="600"]Die omgekeerde brandweerwa op die hoek van Wilge- en Christiaan De Wet-rylaan in Constantia Kloof. Foto: ER24 Die omgekeerde brandweerwa op die hoek van Wilge- en Christiaan De Wet-rylaan in Constantia Kloof. Foto: ER24[/caption]

ER24-nooddienste was na die toneel ontbied waar hulle ’n omgekeerde brandweerwa en twee ander voertuie op die hoek van Wilge- en Christiaan De Wet-rylaan in Constantia Kloof gevind het.

Agt mense het ligte tot matige beserings opgedoen, onder wie vier brandbestryders.

“Paramedici het by hul aankoms ’n groot brandweerwa in die middel van die pad op sy sy aangetref. ’n Kleiner voertuig was gedeeltelik onder die brandweerwa,” het ER24-woordvoerder, Russel Meiring, gesê.

[caption id="attachment_156664" align="alignnone" width="600"] Die brandweerwa wat teen twee voertuie gebots en omgeslaan het op die hoek van Wilge- en Christiaan De Wet-rylaan in Constantia Kloof. Foto: ER24 Die brandweerwa wat teen twee voertuie gebots en omgeslaan het op die hoek van Wilge- en Christiaan De Wet-rylaan in Constantia Kloof. Foto: ER24[/caption]
Die beseerdes is op die toneel behandel en na verskeie hospitale gebring vir mediese behandeling. Die oorsaak van die ongeluk is steeds onbekend en sal verder ondersoek word.