Dalk steek daar tog ’n tikkie waarheid daarin dat die nommer 13 slegte nuus bring. Veral vir ’n motoris wie se luukse motor wat Dinsdagoggend 13 Desember in Kemptonpark op die Zuurfontein-pad in ’n reuse-sinkgat beland het. Luidens berigte het die bestuurder ongedeerd daarvan afgekom. Volgens EWN het ’n gebarste waterpyp tot die ongelukkige voorval gelei. ’n Gedeelte van die pad by kruising met die Parkland-rylaan het verbrokkel.

Die pad is gesluit en die verkeer is erg ontwrig.
Motoriste word aangemoedig om van alternatiewe roetes gebruik te maak.