Minstens 254 mense is dood in ’n modderstorting nadat swaar reën die Putumayo-provinsie in Colombia, Suid-Amerika getref het.

Die verwoestende weertoestande het meer as 400 mense beseer terwyl 220 steeds vermis is, berig CCN.

Die Colombiaanse Rooi Kruis het reeds bevestig dat 25 huise vernietig is en 300 gesinne verplaas moet word.

"Dit is ongelukkig onmoontlik om vas te stel hoeveel mense dood is omdat baie mense steeds vermis is," sê President Juan Manuel Santos aan die televisiekanaal Cable Noticias. "Ons weet nog nie waar hulle is nie. Baie mense kom na ons toe en sê, 'My seun is weg, my pa is weg, my ma is weg.' Ons werk daaraan om ’n lys van die totale aantal vermiste mense bymekaar te sit. "Ons kan ’n moontlike ramp in die gesig staar, wat veroorsaak word deur die natuur of deur klimaatsverandering," sê hy verder. President Juan het ’n noodtoestand in die gebied verklaar.

Kyk die video hier:

Bronne: CNN, Cablenoticias.tv, Twitter