Dit het in alle waarskynlikheid in ’n woongebied teen die laer hange van Bettysbaai se piek bo Sunny Seas uitgebreek.

Inwoners aan dié kant van die berg is laat Saterdagmiddag versoek om hul huise te verlaat en by die Crassulla-saal byeen te kom. Die brand, aangehits deur 'n sterk noordwestelike wind kon gelukkig aan daardie kant onder beheer gebring word en hulle kon na hul huise terugkeer.

Die brand is rondom middernag gedeeltelik onder beheer gebring.

Die gevaar het in 'n stadium wel bestaan dat die brand oor die R44 kan versprei in die rigting van die see. Dit hou egter geen onmiddelike bedreiging in vir die Kogelberg-natuurreservaat nie.

Vrydag het die brandgevaar-indeks vir die omgewing so daaruit gesien.