Die brand wat Donderdag by die New York-universiteitshospitaal in Manhattan uitgebreek het, is teen laat die middag onder beheer gebring. Luidens berigte het dit uitgebreek op die sewende verdieping van ’n hospitaalgebou waaraan konstruksiewerk gedoen word.

Aanvanklik het vier konstruksiewerkers die vlamme probeer blus, maar dis deur sterk wind aangehits en die brand het spoedig buite beheer geraak.

Net een mens is in die voorval beseer. Pasiënte is wel verskuif sodat hulle nie die rook kon sien nie.

Die oorsaak van die brand is nog onbekend. In hierdie stadium lyk dit of dit ontstaan het weens vonke wat gespat het terwyl ’n stuk metaal gesny is.

Wat vroeër gebeur het

'n Brand het laat Woensdagmiddag by die reuse-NYU Universiteitshospitaal in Manhattan, Amerika, uitgebreek. Volgens die New York-brandweerdienste brand dit vanaf die vyfde verdieping. Dit is in hierdie stadium nog onseker wat die brand veroorsaak het en of daar enige mense beseer is. Volgens berigte word die pasiënte nou inderhaas uit die hospitaal ontruim. Daar 106 brandweermanne op die toneel wat die brand onder beheer probeer bring.

Die artikel sal bygewerk word sodra meer inligting bekend raak.