Tydens die marathon-operasie het lede van Durban se soek-en-reddingseenheid, die eThekwini-metro se brandweer en IPSS Medical Rescue die lyk van ’n 77-jarige man uit die wrak van sy motor onder die water uitgehaal.

Die man het blykbaar naby Pier 205 met sy motor tot in die baai gery.

Volgens Paul Herbst, woordvoerder vir IPSS Medical Rescue, is ’n duikoperasie uitgevoer en die voertuig op ’n diepte van 13 m opgespoor.

“Die oorlede slagoffer moes onder die water uit die voertuig gehaal word weens die skade wat die impak met die water dit aangedoen het. Toe die lyk eers uit die voertuig verwyder en tot op die kaai getrek is, is lugsakke laangeheg om die voertuig na die oppervlak te lig waar ’n brandweer-swaarreddingskraan dit tot op die kaai gebring het,” het hy gesê.

“Die hele operasie het langer as ses uur geneem om af te handel.”

Bron: News24