Veral op die N2 uit die stad is verkeer feitlik tot stilstand gedwing toe 'n gedeelte van die pad naby die Liesbeekrivier oorstroom is. Cobus Barnard was byderhand om die petalje af te neem.

Volgens Lynette van Schalkwyk, eTV-meteoroloog, het 38mm reën reeds voor 08:00 geval.
Die bekende glanspersoonlikheid Liezel van der Westhuizen het ook eerstehandse ervaring van die oorstroomde pad opgedoen.
Die meeste van die roetes vanuit die stad na die N2 is erg ontwrig deur die oorstroming. Slegs een van die drie uitgaande bane was oop vir die oggendverkeer. Motoriste is aangeraai om alternatiewe roetes te gebruik.