Die Paralimpiese atleet word verhoor nadat hy sy meisie, Reeva Steenkamp, vier keer deur ’n geslote deur geskiet het. En toe die karakter Bradley Haines dus sy pa, Albert, vier keer deur ’n deur skiet, het kykers onmiddellik hul afkeer met die storielyn op sosiale media te kenne gegee.

Kykers het dit sien kom toe die karakter bekendgestel is as ’n sportster met woedebuie en ’n obsessie met gewere. Maar dis veral die skiettoneel wat hulle woedend gemaak het, en hulle meen die sepiebase het dinge te ver gevoer.

“Nee, Isidingo, nee. Ek stem nie saam met wat julle hier probeer doen nie. Dis siek en julle behoort van beter te weet. Ek is bitter teleurgesteld en daar is niks wat julle kan sê om hierdie storielyn te regverdig nie. Oscar se hofsaak is nog nie verby nie en hier slaan julle munt uit ’n ander man se pyn. Siek!” het een van hul Facebook-aanhangers, Danielle van Wyk, laat hoor.

Die akteur Izak Davel het vanoggend op Twitter gesê dat hy nie enige fout sien met die sepie se storielyn nie. Die bestuur het nog nie ’n verklaring uitgereik nie en was nie beskikbaar vir kommentaar nie.

Izak2

Nuwe Izak