As jy miljoene het en bereid is om verby die Bran-kasteel se wrede geskiedenis te kyk, kan jy nou die berugte vampier Dracula se kasteel koop!

Hierdie kasteel in die Oos-Europese land Roemenië is bekend as die tuiste van die vampier Dracula in Bram Stoker se legendariese roman met dieselfde naam.

Al is die boek pure fiksie, meen ingeligtes die inspirasie vir sy bloeddorstige karakter kom van die 14de eeuse Roemeense krygsheer Vlad III, wat  bekend was vir sy wrede oorlogvoering en marteling.

Die kasteel is destyds gebou tydens die Ottomaanse Turke se inval van Roemenië en die koninklike gesin het in dié tyd daar skuiling gesoek.

Dit is later as ’n gedenkwaardigheid verklaar en kan na verwagting tot R1,41 biljoen haal.

’n Amerikaanse regsfirma behartig die kasteel se verkoop en sê dit sal aan die regte koper onder die regte omstandighede verkoop word.

Belangstellendes sal na verwagting genooi word om ’n aanbod te maak en die voormalige Roemeense koninklike gesin sê hulle is op soek na iemand wat die eiendom en sy geskiedenis sal respekteer.

Bronne: NBC News, bran-castle.com

-          Mieke Vlok