Die gewilde krullebol-sanger Dozi het onlangs tydens die Tempo-prysaand aan Rapport gesê dat hy vir eers klaar is met Afrikaanse musiek en eerder meer in “die ander taal van sy hart”, Zoeloe, wil sing.

Sy nuutste CD, Terug na die Begin, is moontlik die laaste Afrikaanse CD wat hy vir ’n wyle gaan maak, en al het hy nie ’n Tempo-prys gewen nie, is dit nie die rede waarom hy meer op Zoeloe wil fokus nie.

“Ek wou van die begin af in Zoeloe sing, maar toe het my destydse platemaatskappy besluit ek moet in Afrikaans sing,”  het hy aan Rapport gesê.

Dozi beplan reeds ’n nuwe Zoeloe-CD en sê sy Zoeloe-musiek is vir die hele Suid-Afrika bedoel.

“My Afrikaanse ondersteuners sal dit ook geniet.”

- Janine Nel