Margit Meyer-Rödenbeck, oftewel Dowwe Dolla, het onlangs met haar  landwye toer begin en vandeesmaand pak sy die noorde aan met haar toneelstuk, Dowwe Dolla Betaal Belasting!

Almal weet reeds sy doen en sê wat sy wil. Sy raps en ransel almal af wat dit verdien. Maar dié keer help Dolla ook verwarde siele. Sy takel daardie onverstaanbare belastingvorms met grasie.

Met  Jurgen Human wat die teks geskryf het en Pedro Kruger wat vir die musiek gaan sorg, beloof Dolla om die gehoor weereens op n roller-coaster rit te vat wat elke nou en dan dreig om te ontspoor, want net soos brandewyn, het belasting nie brieke nie.

Wees seker dat jy vir Dowwe Dolla op dié datums en plekke vang:

23 SEPT - TARENTAAL TEATER- RUSTENBURG / 079 341 3420(Michelle)

24 SEPT  - SILVERSTAR CASINO- KRUGERSDORP / COMPUTICKET

25 SEPT  - LAKE UMUZI BASEMENT TEATER- SECUNDA / Secunda Rame (017) 634  8312 of Amori 079 499

26 Sept. - MBIDI  LODGE- GROBLERSDAL / 071 869 8590(Gloudien)

27 SEPT - VROUEDAG- HARTEBEESPOORTDAM / 076 191 2308

27 SEPT - CENTURION TEATER / COMPUTICKET

AARDKLOP: GIRLS’ HIGH SCHOOL /COMPUTICKET / (7 OCT-20:00; 8 OCT- 09:00; 9 OCT- 12:30; 10 OCT-14:30; 11 OCT-20:00)