Toe ’n Afrikaanse ouerpaar hul dowe dogtertjie by ’n gewone skool wou inskryf – en dit boonop ’n Engelse een – het mense hulle van kindermishandeling beskuldig.

Bespreek vir Skouspel!

Was dit nie reeds erg genoeg dat hulle haar van twee jaar af moeisaam leer praat het, pleks dat sy die makliker weg van gebaretaal kon volg nie?

Maar Gerhard en Bonita Fourie van Bloemfontein was vasbeslote dat Vicki (22) dieselfde geleenthede as horende kinders sou kry – en vandag sal niemand meer vinger wys oor dié houding nie.

Vicki is verlede jaar as eerste prinses in die Mej. Dowe Internasionaal-kompetisie in Las Vegas, Amerika, gekroon.

In die nuutste uitgawe van Huisgenoot gesels ons met Vicki oor die teleurstelling van die Mej. Dowe Wêreld-kompetisie in Praag en die ongelooflike goeie nuus wat sy kort daarna ontvang het.

Lees meer in die nuutste uitgawe van Huisgenoot.

Volg Huisgenoot op Twitter.