Die toetswedstryde tussen Suid-Afrika en Engeland by Nuweland in Kaapstad was omtrent ’n jolige affêre vir toeskouers – en die bierverkope getuig daarvan!

Die stadion se bestuur het Donderdag aan Sport24 bevestig dat dors toeskouers in die warm Kaapse weer ná al vyf dae altesaam R2,84 miljoen op bier, wyn en siders spandeer het.

Lees ook: Klink ’n glasie – op ’n aantrekliker jy!

Dit geld net vir die kontant wat uitgegee is, want die kaarttransaksies moet nog getel word.

1 042 50-liter vate Castle Draught is tydens die toetswedstryde verkoop – dis gelykstaande aan 104 200 500ml pinte, oftewel meer as 100 000 glase bier.

Lees ook: Bierpense gekoppel aan risiko vir vroeë sterfte

’n Verteenwoordiger van die stadion sê dis die meeste bier wat nog ooit by Nuweland verkoop is en klop die verkope tydens die Nuwejaars-toetswedstryd in 2005 – ook teen Engeland – toe 1 020 vate verkoop is.

Dit klink beslis of die Engelse die gemene deler hier is!

Hier is presies hoeveel Castle Draughts by elk van vandeesweek se Nuweland-toetse verkoop is:

Dag 1 – 301 vate

Dag 2 – 270 vate

Dag 3 – 225 vate

Dag 4 – 161 vate

Dag 5 – 85 vate

Bron: Sport24