Die gebou, wat soos ’n groter as lewensgroot weergawe van Aspoestertjie se skoen lyk, is binne twee maande in die Suidwestelike Kus Nasionale Landskapsgebied gebou.

Lees ook: Video: SA vrou bak eier op snikhete plaveisel

Die bousel met ’n hoogte van 17 m bestaan uit 322 stukke blou glas.

Volgens Daily Mail sal die ongewone struktuur ook stoele vir minnaars hê sodat pare troufoto’s kan neem, koekies en koeke, en rekwisiete wat ontwerp is om in vroue se smaak te val.

Lees ook: Vreemdste dinge wat mense al aangevang het in die naam van ’n wêreldrekord

Die hoë gebou is geïnspireer deur ’n tradisie waarvolgens ’n voornemende bruid hoëhakskoene dra om teëls mee te breek voor sy by die bruidegom se familie aansluit. Dit dui glo op die begin van ’n nuwe lewe.

Die kerk sal volgende maand oopmaak.

Bronne: dailymail.co.uk, complex.com