. Een van die disse wat vermy moet word, veral as jy nie daarvan hou dat jou kos ‘terugbaklei’ nie, is Odori Don.

Dié gewilde dis is veronderstel om ’n dooie tjokka vissop te wees.  Odori beteken letterlik ‘om te dans” - en dis presies wat gebeur as daar sojasous oor die tjokka gegooi word.

Behalwe vir die bewegende tentakels, moet jy jouself ook daarop voorberei dat die suiertjies ook hardnekkig aan die binnekant van jou mond gaan vasklou.

Wees gerus, die tjokka is regtig dood. Maar dis die sodium in sojasous wat  die spiere aktiveer. Soos wakavision.com dit stel: “Wanneer jy ’n ontspanne spier aan sodium blootstel, sal dit saamtrek”.

Bronne: YouTube, foodjapan.net, wakavision.com