Personeel van die Helen Joseph-hospitaal in Johannesburg word gewalg deur ’n doodsreuk wat hang in die gange nadat ’n ontbinde lyk in dié hospitaal se hysbakskag gekry is.

“Sedert Kersfees hang daar ’n reuk in die hospitaal, veral wanneer ’n mens die hysbak gebruik,” sê ’n personeellid wat naamloos wil bly.

Volgens haar het die hospitaalbestuur in Januarie die bron van die reuk opgespoor.

Lees ook: Gewilde Kokkedoor maak nou tuin ná hartseer besluit

Tot die hospitaal se skok het hulle middel Januarie ’n ontbinde lyk in die hyser se instandhoudingskag gekry, sê sy.

“Niemand weet wie oorledene is nie. Die lyk was al so erg ontbind dat hulle nie eens die geslag kon bepaal nie.”

Die hospitaal het glo probeer vasstel wie die oorledene is, maar kon nie bepaal of ’n pasiënt op hul lyste vermis word nie.

“Die hospitaal vermoed dit was ’n pasiënt wat een aand rondgedwaal het en per ongeluk in die skag afgeval het. Daar moes ’n saal gewees het wat nie ’n vermiste persoon aangemeld het nie.”

Sy sê die doodsreuk kan nog geruik word wanneer hulle op ’n warm dag die hyser gebruik.

Lees ook: Valk tref motor en oorleef wonderbaarlik ’n hele naweek vasgekeer in sierrooster

Steve Mabona, woordvoerder van die Gautengse gesondheidsdepartement, het die voorval bevestig en gesê dit is nie duidelik of dit ’n pasiënt van die hospitaal was nie.

“Die polisie ondersoek nog die saak en hul forensiese span probeer die identiteit van die persoon bepaal.”

Mabona sê beamptes van die gesondheidsdepartement het vandag (Woensdag) ter plaatse ondersoek ingestel en kon geen reuk of teken van die lyk opspoor nie.

Ook op Huisgenoot.com:

Hofmeyr-boeties se liefdeslewe beleef uiterstes

Sexy Ryk en sy beeldskone Sahar baljaar tussen die branders van die Maldives

Banters let op! Algemene wanopvattings oor eetplanne met min koolhidrate

Valk tref motor en oorleef wonderbaarlik ’n hele naweek vasgekeer in sierrooster

Mauritius-moordsaak: Saak teen SA besigheidsman laat vaar

Jacques Terre’Blanche raak nostalgies en sing Lucas Maree se Droomvrou vir sy oorlede pa