Donnalee Roberts het Ivan Botha, haar medester in Vir Altyd, op ’n eg Mexikaanse manier gelukgewens. Hy het op 13 Desember verjaar. “Arrrrrrriba . . . Arrrrrrriba,” het sy op Instagram geskryf, met drie kaktusprentjies daarby. By haar inskrywing is ook ’n foto van Ivan met ’n vuurstokkie in die hand. “Hierdie awesome mens verjaar vandag! @ivanbotha17, mag oneindig baie guns op jou lewe neerreën en mag elke liewe een van jou drome en wense waarvoor jy so bitter hard werk, nie net waar word nie, maar al jou verwagtinge oortref!”

Ivan en Donnalee, die goue akteurspaar van die rolprentbedryf, het ook saamgewerk aan die 2014-fliek Pad na Jou Hart – as skrywers, vervaardigers en akteurs. Hulle was ook saam in 7de Laan te sien.

Sy sluit die verjaardagboodskap af met ’n bedanking: “Dankie vir jou mooi hart en gesindheid, dat ek saam met jou kan droom en dat jy my daagliks inspireer – dis ’n voorreg om saam met jou te kan journey! #CheersOpTequilaInMexico”