Sy loer vir hom en lag liefdevol. Hy tuur die verte in met ’n glimlag op sy gesig. Die energie tussen hulle is amper tasbaar hier waar Donnalee Roberts (29) en Ivan Botha (27) op die enjinkap van ’n kar poseer vir die plakkaat vir die fliek waaraan hulle die afgelope tyd so hard gewerk het. Die fliek se naam is Pad na Jou Hart, en dis hul hartsbaba. Die´ twee het dit geskryf, hulle is medevervaardigers daarvan en hulle vertolk die hoofrolle.
Pad Na Jou Hart word beskryf as die romantiesste fliek van die jaar

Op ’n Facebook-blad oor die fliek Pad Na Jou Hart word dit beskryf as die romantiesste fliek van die jaar. Nogal ironies, want in die werklike lewe het die´ 7de Laners nie geluk gevind in hul eie huwelike nie. Boonop is daar hardnek- kige gerugte dat hul TV- en silwerdoek- romanses tot die regte lewe oorgeloop het en dat hul harte nou aan mekaar behoort.

Lees die Huisgenoot-span se artikel in Huisgenoot 21 November 2013