Donald Trump het ook nou sy mening oor die Oscar Pistorius-saak uitgespreek. Die eiendomsmagnaat het gister opslae gemaak met ’n twiet dat die lemnaeler net so skuldig is as wat die Amerikaanse sportheld O.J. Simpson was berig Beeld.

“Oscar Pistorius, ‘die lemnaeler’, is net so skuldig as O.J. Ek wonder of die uitslag dieselfde sal wees?” het Trump in die vroeë oggendure uit New York getwiet.

Dit is meer as 400 keer hertwiet en het ’n groot invloed gehad op die gebruik van Pistorius se naam saam met die woord “guilty” in sosiale media.

Mense was byna nege keer meer geneig om aanlyn na Pistorius en “guilty” te verwys as na “innocent”, het Data Driven Insight (DDI) gesê.

Bron: Beeld