Die biljoenêr-sakeman en pa van vyf is dalk nie so gewild onder al sy landgenote sedert hy onlangs tot Amerikaanse president verkies is nie, maar sy vyfjarige kleinkind Arabella is ’n internetsensasie in China nadat ’n video van haar wat ’n gedig in Mandaryns opsê, soos ’n veldbrand aanlyn versprei het.

Arabella se ma, Ivanka (35), het die video reeds in Februarie op Instagram gedeel. Die video het destyds reeds opslae gemaak, maar klein Arabella is nou weer ’n internetsensasie nadat haar oupa die presidentsverkiesing gewen het.

Arabella, die oudste van Ivanka en haar man, Jared Kushner (35), se drie kinders, kry al lesse in Mandaryns sedert sy 18 maande oud is, word berig. Haar ma het aanvanklik die video gemaak om die Chinese Nuwejaar te vier. Arabella het ’n Chinese uitrusting aangetrek en toe liedjies en gedigte vir haar ouers en kleinboet, Joseph (3), opgevoer. “Dit was baie oulik,” het Ivanka destyds op Instagram vertel toe sy die video deel.

In die video sê Arabella glo die bekende gedig Sympathy for the Peasants van die Chinese digter Li Shen op. Die gedig is ingesluit by die kurrikulum in Chinese laerskole. En die Chinese is nou gaande oor klein Arabella. “Trump se kleindogter is welkom om China toe te kom en Chinees te leer!” het een aanlyn laat hoor. Ook op Ivanka se Instagram-profiel lewer mense opnuut kommentaar op die video.

Kyk die video hier:

Nog ’n video van Arabella wat haar ma twee jaar gelede op Instagram gedeel het, maak nou opslae. Hierin sê sy tydens nog ’n Chinese les ’n kinderliedjie op genaamd The Little Rabbit Is So White.

Sunday morning Chinese lesson! Arabella's working hard! #practice A video posted by Ivanka Trump (@ivankatrump) on

Ivanka is dol daaroor om kiekies van haar kleingoed in die sosiale media te deel. Hier is vyf dinge wat ons op haar ma se Instagram-profiel oor klein Arabella uitgevind het.

1 Sy hou van sing! In een video wat Ivanka gedeel het, sing Arabella die bekende popster Sia se trefferliedjie Cheap Thrills.

Friday night, hit the dance floor ??

A video posted by Ivanka Trump (@ivankatrump) on

Sy het ook onlangs die Japannese komediant Pikotaro se gewilde liedjie Pen Pineapple Apple Pen gesing.

Apologies in advance—this may be stuck in your head all day. #PineapplePen ??? A video posted by Ivanka Trump (@ivankatrump) on

2 Arabella bederf Ivanka selfs met ontbyt. Te oulik!

Delicious breakfast courtesy of Arabella!

A photo posted by Ivanka Trump (@ivankatrump) on

3. Sy sit ook hand by wanneer Jared in die gimnasium sweet.

#FitnessFriday is a family affair. @nyfitness_petermonge A video posted by Ivanka Trump (@ivankatrump) on

4. Sy is versot op haar twee boeties, Joseph (3) en Theodore (7 maande), en het selfs hand bygesit toe haar bababoetie die eerste keer begin kos eet. Sy’t tot gehelp om die appels vir klein Theodore se appelsous te pluk!

5. Sy is haar ma se ewebeeld!

Summer break = more picnic lunches in #CentralPark!

A photo posted by Ivanka Trump (@ivankatrump) on

BRONNE: BUZZFEED.COM, DAILYMAIL.CO.UK, THESUN.CO.UK