Donald Trump se inhuldiging Vrydag as Amerika se 45ste president was nie al groot nuus in die Trump-familie nie. Sy oudste dogter, Ivanka Trump, se jongste spruit, Theodore, het sowaar die naweek in die Withuis begin kruip!

White House Withuis

Blair House, DC #latergram

A photo posted by Ivanka Trump (@ivankatrump) on

Die nege maande oue seuntjie se ma het ’n skattige video van hom wat kruip met haar 2,8 miljoen volgelinge op Instagram gedeel.

“Daar was soveel ongelooflike mylpale die afgelope naweek. Een daarvan was vir baba Theodore, wat vir die eerste keer in die Withuis begin kruip het!” het sy vertel.

Kyk net hoe kruip die mannetjie hier:

Ivanka en haar man, Jared Kushner, het ook twee ouer kinders, Arabella (5) en Joseph (3). Die stylvolle Ivanka en haar kroos was by toe haar man Sondag as haar pa se senior raadgewer ingehuldig is.

Die gesin het onlangs van New York verhuis na Washington, D.C. Hulle bly nou in dieselfde buurt as die Obamas. En dit lyk asof hulle al goed aanpas. Ivanka het dié foto van Theodore gedeel waar die mannetjie regmaak om te gaan slaap.

Goodnight! ?

A photo posted by Ivanka Trump (@ivankatrump) on

Dit lyk asof die Trumps die lewe in die Withuis behoorlik geniet. Ivanka se oudste broer, Donald Jr., se vyfjarige seun, Tristan, het in sy Teenage Mutant Ninja Turtles-slaapklere in die Withuis middagete geniet.

Sy vrou, Vanessa, het weer kegelbal gespeel.

Eric en sy halfsuster, Tiffany, geniet die uitsig uit die Withuis.

??

A photo posted by Tiffany Ariana Trump (@tiffanytrump) on

Eric en sy vrou, Lara, in ’n stylvol ingerigte eetkamer in die Withuis.

#throwback in the White House dining room! So incredible! ???

A photo posted by Lara Trump (@laraleatrump) on