Arme Barron Trump! Donald Trump se 10-jarige seun loop al ’n geruime tyd onder kuberboelies deur, maar dit het hoogtepunt bereik toe sy pa Vrydag as die nuwe president van Amerika ingehuldig is.

Let's talk for a little bit about Barron Trump. Barron is the 10 year old son of Donald Trump. I have seen a great deal of jokes made about this young man, often teasing him. Though I may be a staunch opposer to his father, I know it is basic human decency to leave Barron alone. He is a child, and he does not choose whose cradle he lands in. The hatred that we direct toward his father should NEVER in any way outstretch to him. There is a massive difference between resisting against a political leader and bullying a child. He suffers enough in seeing his father face arguably the most negative attention of any political figure in our time. I urge all reputable activists and protesters to KEEP BARRON OUT of this situation, and OUT of posts if you do not have anything nice to say. Thank you friends, and have a lovely Sunday afternoon. ~Alistair #trump #donaldtrump #barrontrump #barron #usa #trumpfamily #blm #blacklivesmatter #feminism #feminist #immigrants #refugees #blmm

A photo posted by Alistair and associates. (@oldfeministguy) on
Een van die ergste twiets was van Katie Rich, skrywer van die Amerikaanse televisieprogram Saturday Night Live. Dié het getweet: “Barron sal die land se eerste skieter word wat tuis onderrig is". Toe mense haar begin kritiseer, het sy die twiet eers uitgevee en toe haar rekening gesluit.
Die Modern Family-aktrise Julie Bowen het ook onder kritiek deurgeloop toe sy Barron in ’n rits inskrywings op Instagram gespot het. By een foto waar hy grond toe kyk by sy pa se inhuldingseremonie, skryf sy: “Ek dink Barron is op sy Gameboy. Ek kan nie sê ek blameer hom nie”.

I think Barron is on his Gameboy. Can't say I can blame him.

A photo posted by Julie Bowen (@itsjuliebowen) on

Talle van haar inskrywings het ook die hutsmerk #barronforpresident gebruik. By een foto waar Barron ontsteld lyk terwyl hy sy kop vashou met albei hande, skryf sy: “Barron, die meeste stemmers deel in jou afgryse”.

Barron, a voting majority shares your horror. #barronforpresident

A photo posted by Julie Bowen (@itsjuliebowen) on

Katie en Julie is nie al bekendes wat al gekritiseer is oor hul onsensitiewe uitlatings oor Barron nie. Sy ma, Melania Trump, het al die TV-persoonlikheid Rosie O'Donnell met ’n prokureursbrief gedreig nadat Rosie op sosiale media laat hoor het sy dink Barron het outisme oor hoe hy optree in een video wat sy op sosiale media versprei het. Rosie het later op sosiale media vir Melania om verskoning gevra. Oudpres. Bill Clinton se dogter, Chelsea Clinton, het intussen vir Barron in die bres getree oor die jongste voorvalle van kuberboelies. Sy het sommer ook in een asem haar aanhangers aangemoedig om beleide van Barron se pa, wat sy dink skadelik vir kinders gaan wees, teen te staan.

Dit het nie goed afgegaan by party van haar volgelinge op sosiale media nie.

Ander het haar weer ondersteun.

BRONNE: DAILYMAIL.CO.UK, TWITCHY.COM