Eers het hy Brigitte Macron se hande gevat en gesê: “Jy lyk baie goed." Daarna het hy na die Franse President, Emmanuel Macron, gedraai en gesê: “Jou vrou se lyf baie goed.” Hy het teruggedraai na Brigitte en net gesê: “Pragtig”.    

Dit is Trump se eerste staatsbesoek aan Frankryk.

In die sosiale media het talle mense uitgevaar teen Trump se aanmerkings en dit as seksisties bestempel.

Jen Siebel Newsom, ’n aktrise en rolprentvervaardiger, het op Twitter geskryf: “Vroue stel nie belang daarin om jou ongevraagde kommentaar oor hul liggaam te hoor nie. Dit is grillerig en uiters onvanpas.”  

Dit is nie die eerste keer dat Trump swaarde met vroue kruis nie. Vroeg in sy veldtog om president te word, het hy omstrede uitlatings gemaak teenoor die TV-aanbieder Megyn Kelly.

Onlangs het hy weer die TV-aanbieder Mika Brzezinski op Twitter aangeval.

Die ouderdomsverskil van 24 jaar tussen Trump (71) en sy vrou, Melania (47), is amper dieselfde as die 25-jarige verskil tussen Macron (39) en syne (64).  

Bronne: The Guardian, CNN, Dailymail