[caption id="attachment_165397" align="alignnone" width="600"]Foto: Misha Jordaan Foto: Misha Jordaan[/caption]

Bettie was ten tye van haar dood in die Mediclinic Gariep in Kimberley, maar volgens Hennie Naudé, die bestuurder van die Stillerweë huis vir bejaardes waar sy tuisgegaan het, was haar dood onverwags.

Netwerk24 berig Bettie is verlede Saterdag in die hospitaal opgeneem weens hartversaking en longontsteking.

Bettie was Deon Steenkamp (44), wat vroegaand op Goeie Vrydag 6 April 2012 in sy huis saam met sy vrou, Christelle (43), en hul dogter, Marthella (14), vermoor is, se ma.

Deon is drie keer geskiet, Christel twee keer en Marthella vier keer. Marthella is ook onsedelik aangerand. Don, toe 15, is aan die misdade skuldig bevind en vir 20 jaar tronk toe gestuur.

Bettie het in haar laaste onderhoud met Huisgenoot in 2015 gesê Don het haar op ’n dag gebel en gesê "Ouma moet asseblief nie doodgaan nie, want dan het ek niemand oor nie”.

Bettie het gereeld vir Don gaan kuier toe hy in die Kimberley-gevangenis was, maar dit was vir haar moeiliker toe hy Boksburg toe geskuif is.