Die veroordeelde gesinsmoordenaar en verkragter Don Steenkamp is na ’n ander gevangenis in die sentrale deel van Suid-Afrika oorgeplaas berig Netwerk24.

Volgens die departement korrektiewe dienste is Steenkamp, 18, oorgelpaas weens veiligheidsredes.

Hy was voorheen in die Kimberley-gevangenis.

Daar was onlangs bewering dat hy spesiale behandeling ontvang en dat hy sy voordele in die tronk misbruik het. Die tronkowerhede ontken dit egter en ’n ondersoek toon glo dat daar nie waarheid in steek nie.

Steenkamp is effektief 20 jaar tronkstraf opgelê nadat hy in Maart skuldig bevind is aan die moorde op Deon Steenkamp (43), sy vrou, Christel (43), en hul dogter, Marthella (14) en Marthella se verkragting, asook regsverydeling.

LEES MEER HIER