Hy het eers twee kaasburgers bestel, sy speelgeweer op ’n personeellid gerig, R3 300 uit die kasregister gesteel en op sy fiets die hasepad gekies.

Die personeel was verbaas en oorweldig toe die verdagte die “pistool” uitpluk.

“Die personeellid het aanvanklik geweier om die kasregister oop te maak,” het konst. Maanda Singo, ’n polisiewoordvoerder, gesê.

Sy vryheid was egter van korte duur. Die polisie se honde-eenheid het hom sowat ’n uur later vasgetrek en al die geld is teruggevind.

Die verdagte kom vandag voor in die landdroshof in Pretoria-Noord op ’n aanklag van roof.