Peeta in The Hunger Games (gespeel deur Josh Hutcherson)

Ons sukkel nes Katniss Everdeen oor wie om te kies: Gale of Peeta? Gale is oulik, maar Peeta wen beslis. Hy is gaaf, kan skilder, is baie sterk en hy kan bak!

Wall-E in Wall-E

Hy’s nou wel ’n robot, maar het ’n groot hart, leeuemoed en wilskrag. En sy liefde vir EVE red die mensdom.

Noah in The Notebook (gespeel deur Ryan Gosling)

’n Ou ontmoet ’n meisie, hulle moet struikelblokke oorkom en is jare weg van mekaar terwyl hy hul droomhuis bou. Sug.

Leo in The Vow (gespeel deur Channing Tatum)

Jy skrik wakker uit ’n koma en Channing Tatum sê vir jou hy is jou man. Watter regdenkende vrou gaan stry?

Jack Dawson in Titanic (gespeel deur Leonardo DiCaprio)

Hy is die aantreklike kunstenaar wat die verveelde ryk meisie se voete onder haar uitslaan. Maar ons sou verkies dat hy nie in ysige water sterf nie, dankie.

Damon en Stefan Salvatore in The Vampire Diaries (gespeel deur Paul Wesley en Ian Somerhalder)

Om te kies tussen dié twee broers is erger as om deur ’n weerwolf gejaag te word!

Dre Parker in The Karate Kid (gespeel deur Jaden Smith)

Dre gaan na ’n vreemde land waar hy sy man staan teen die boelies en die meisie kry. Seepglad.

Katniss Everdeen in The Hunger Games (gespeel deur Jennifer Lawrence)

As jy hou van rateltaai meisies, is sy perfek. Sy jag om vir haar gesin te sorg en is dapper genoeg om enige bedreiging te trotseer.

Caroline Forbes in The Vampire Diaries (gespeel deur Candice Accola)

Bedags ’n rasieleier, saans ’n vampier – Caroline is heilsaam genoeg om jou ma te beïndruk en gevaarlik genoeg om dinge interessant te hou.

Hermione Granger in Harry Potter (gespeel deur Emma Watson)

Jy wil beslis dié oulike, slim oorpresteerder aan jou kant hê wanneer jy bose magte moet uitoorlê . . . of vir die geskiedenis-eksamen moet leer!

Prinses Merida in Brave

Sy’t ’n oulike Skotse aksent, is slim en ken haar storie met ’n swaard en pyl-en-boog.

Bella Swan in Twilight (gespeel deur Kristen Stewart)

Sy lyk altyd bedruk en is ’n bietjie lomp, maar ten minste weet jy sy sal alles vir die liefde prysgee: sonskyn, ’n normale gesinslewe en selfs om asem te haal . . .

Rachel Berry in Glee (gespeel deur Lea Michele)

Sy is die tipiese oulike buurmeisie, maar wees gewaarsku: Sy kan enige oomblik begin sing!

EKSTRA BRONNE: refinery29.com, imdb.com