Sy hou nie van ’n gedoefdoef nie, maar neurie alte lekker saam op Mary Hopkin se goue oue Those Were the Days.

Dis hoekom die TV in Susan en Pieter Peens se huis op Lampiesbaai aan die Weskus ingestel is op ’n musiekkanaal wat net liedjies uit die 60’s speel.

Hy hou weer van Afrikaanse musiek met ’n lekker tempo. “Maar ou musiek is ook lekker.

Ons karaoke sommer net hier,” sê Pieter. Pieter en Susan is al 14 jaar saam, waarvan sewe getroud.

En dit skeel hulle min dat hy 34 is en sy ’n rype 72 – met ses kinders, nege kleinkinders en een agterkleinkind daarby.

Lees meer in die nuutste uitgawe van Huisgenoot.