Die countrymusiek-ster en Carl Dean is op 30 Mei 1966 getroud. Die egpaar het die afgelope naweek 50 jaar saam as man en vrou gevier.

Dolly het Dinsdag tydens ’n opname van die Amerikaanse TV-program Home & Family die trourok gewys wat sy vir die tweede seremonie gedra het, maar het geen foto’s met die aanbieders, Mark Steines en Cristina Ferrare, gedeel nie omdat haar uiters privaat manlief nie vir kiekies wou poseer nie.

Lees ook: Katy Perry die slagoffer van ’n vindingryke kuberkraker

Die 70-jarige sangeres het gesê: “My man verpes dit om foto’s te laat neem; daarom het ek geen foto’s gebring nie. En ek het vir hom gesê: ‘Jy’s erger as my eerste man,’ wat ook hy was!”

Dolly het ’n kantrok vir die seremonie gedra en gesê sy wou haar huweliksherdenking behoorlik vier nadat sy na die oorspronklike seremonie in 1966 ’n eenvoudige kort, wit rokkie gedra het. “Ek wou ’n pragtige rok dra wat ek nie voorheen gedoen het nie.”

Dolly het ook haar pruikversameling tydens haar verskyning op die oggendprogram gewys en gesê sy het pruike begin dra nadat haar eie hare begin afbreek het van jare se stilering en pluiskam.

“Ek het altyd my eie hare so groot moontlik stileer en dit laat bleik en alles, maar dit het afgebreek. Toe dink ek: ‘Hoekom gaan ek hierdeur? Hoekom dra ek nie net pruike nie? So sal ek nooit ’n slegte haredag hê nie! Ek het groot haredae, maar nooit ’n slegte haredag nie.’”

Die sangeres van treffers soos Jolene, en haar man beplan glo ’n groot makietie in Julie om hul halfeeu saam te vier.

© Cover Media

Ander stories op Huisgenoot.com

Raaisel om rits skokmoorde op Krugersdorp verdiep

80 honde en katte van kant gemaak nadat DBV se hokruimte opraak

Groot nuus vir sepieliefhebbers

Ma probeer kind se moord verdoesel en beskuldig 7-jarige: ‘Jy het hom doodgemaak’

Kyk: Mense vorm ‘trampolien’ om gesin uit brandende woonstelblok te red

Wêreld se eerste 3D-gedrukte motorfiets lig soos ’n veer