Dolly Parton het bewerings ontken dat sy maagkanker het.

Gerugte het die rondte gedoen dat die 69-jarige country-superster teen die siekte veg.

Maar Dolly het Woensdag ’n verklaring uitgereik om haar bewonderaars te probeer gerusstel.

Sy erken daarin dat sy op 15 September in die hospitaal opgeneem is, maar om ’n ander rede: om nierstene te laat verwyder.

“Daar steek absoluut geen waarheid in die gerug dat ek maagkanker het nie,” het Dolly gesê. “Ek is dankbaar vir almal se besorgdheid en waardeer dit.”

Die sangeres het bygevoeg: “Ek voel goed. Ek is terug by die werk en was verlede week by Dollywood (haar temapark in Pigeon Forge, Tennessee) om gedeeltes van my nuwe rolprent, Coat of Many Colours, te verfilm.”

Die rolprent, ’n vakansiefliek van NBC, is gegrond op Dolly se eie grootwordjare. Alyvia Lind speel die jong Dolly, terwyl Jennifer Nettles ook ’n rol vertolk.

Dolly se vermaakloopbaan was uiters suksesvol sedert sy op 13 jaar vir die eerste keer opslae in die rolprentwêreld gemaak het.

Sy het Dollywood in 1986 geopen.

© Cover Media