Praat van ’n klein vegtertjie! Klein Payden Doyle is op 25 weke gebore en het ’n skrale 680 g geweeg toe sy ses jaar gelede in die Life St. George-hospitaal in Port Elizabeth gebore is. Dokters het skaars gedink sy sal oorleef, maar kyk nou!

[caption id="attachment_123941" align="alignnone" width="600"]Payden op een maand oud / Foto verskaf Payden op een maand oud / Foto verskaf[/caption]

Deesdae is klein Payden gesond en aktief. Sy is nou in gr. R by die Pukkies-afdeling van die Hoërskool P. J. Olivier in Grahamstad en hou daarvan om met haar maatjies te speel.

[caption id="attachment_123942" align="alignnone" width="600"]Payden is nou ses jaar oud / Foto verskaf Payden is nou ses jaar oud / Foto verskaf[/caption]

Die dokter wat in 2010 met haar geboorte aan diens was, het gesê Payden gaan nie oorleef nie, het Sandra Doyle (38), Payden se ma, aan Huisgenoot gesê. Die dokter het haar toe glo alleen gelos en die verpleegsters het haar bygestaan met die geboorte.

[caption id="attachment_123944" align="alignnone" width="600"]Payden het 480 g met geboorte geweeg / Foto verskaf Payden het 480 g met geboorte geweeg / Foto verskaf[/caption]

Sy kon haar baba net ’n rukkie lank vashou voor verpleegsters haar weggeneem het.

Lees ook: Vreugde, moed en eindelik trane – alles binne ’n lewe van net ’n paar uur

Sandra het ’n warboel van emosies beleef – niemand kon sê of haar dogter nog leef nie. “Ons almal het die ergste verwag omdat die dokter gesê het sy gaan dit nie maak nie.”

Drie uur later het Sandra eindelik die verrassende nuus gehoor: Payden leef en sy haal self asem. Die kleinding was drie maande lank in die hospitaal – en haar ma was elke dag langs haar bed.

[caption id="attachment_123950" align="alignnone" width="600"]Payden op 'n paar weke oud / Foto verskaf Payden op 'n paar weke oud / Foto verskaf[/caption]

Sandra moes ’n borspomp gebruik om vir Payden melk te voorsien. Dis deur buise in haar neus toegedien.

“Dit was hartverskeurend om my dogter so te sien, maar ek het geweet sy gaan oukei wees.”

Weens spanning het Sandra begin sukkel om melk te produseer en Payden is skenkermelk ingegee.

Lees ook: ‘Ons glo sy sal binne ’n dag op haar eie kan asemhaal,’ sê baba se pa ná baanbrekersoperasie

Maar deur dit alles het sy moed gehou. “Sy het sterker geraak en elke dag ’n bietjie gewig aangesit,” sê Sandra.

“Net die blote gedagte dat ek my baba, wat elke dag sterker word, gaan sien, het my help vasbyt.

[caption id="attachment_123943" align="alignnone" width="600"]Payden op twee maande oud / Foto verskaf Payden op twee maande oud / Foto verskaf[/caption]

Sandra sê Payden het wel ’n swak immuunstelsel en probleme met haar kolon, maar dis nie te ernstig is nie.

“Wanneer sy verkoue kry, is haar lyfie nie altyd sterk genoeg om teen die virusse te veg nie en dit vat ’n bietjie langer voor sy gesond raak.”

[caption id="attachment_123946" align="alignnone" width="600"]Foto: Verskaf Foto: Verskaf[/caption]

Die lewenslustige meisie, haar ma se oogappel. vaar goed op skool.

“As jy so na Payden kyk, sou jy nie dink hierdie jong, gelukkige kind was ’n vroeggebore baba nie.”

Ander stories op Huisgenoot.com:

Kurator van Huisgenoot-uitstalling met Kanna vereer in ons 100ste bestaansjaar

Kyk: Groot opwinding in dié geliefde Pasella-aanbieder se huishouding

Hierdie wakkerweeswenke kan keer dat JY gekaap word

Kyk: Ouma Trys se histeriese kennismaking met Face Swap

Kyk: Bobby van Jaarsveld ontdek Face Swap en die resultaat is skreeusnaaks!