Rivera, van Newark, New Jersey, het gewag vir haar gereelde swangerskap-roetine-ondersoek, terwyl haar dokter 'n operasie by 'n nabygeleë hospitaal afgehandel het. Toe haar water breek, was daar net 'n mediese student beskikbaar, en die het nog nooit tevore 'n bevalling behartig nie. "Sy kop het net daar gehang,” het Rivera aan Fox News vertel.

'Hy was gereed en niks kon hom keer nie.'

"Hy was gereed en niks kon hom keer nie.”

Dit was haar tegnologiekundige man wat voorgestel het dat hulle iPhone se geselprogram, Face Time, gebruik om hul geneesheer, Dr. Meena Devalla, te skakel.

Die dokter kon, deur middel van die videoboodskap-toepassing, duidelike instruksies aan die mediese assistente gee.

“Dit het my werklik gerusgestel,” het Rivera gesê, ten spyte van die feit dat sy geen medikasie vir die pyn ontvang het nie.

Raphael is twintig minute later gebore.

Oswaida Torres, een van die assistente, wat nie alleen nog nooit 'n baba gevang het nie, maar wat erken het dat sy nog nooit tevore FaceTime gebruik het nie, het beken:

"Ek was 'n bietjie senuweeagtig.

"Dank die Vader dat alles goed afgeloop het en dat dit goed gaan met die moeder en die baba." Kyk hier na die video:

Bronne: mirror.co.uk, foxnews.com, nj.com