Dokters van Magura, ’n streek in Bangladesj, was eers geskok toe hulle sien hoe die pasgebore baba van Parul Patro lyk. Met hol oogkasse, ’n onegalige velstruktuur en ’n gesig vol plooie het die seuntjie meer na ’n 80-jarige man gelyk, het een van die dokters gesê. “Die baba lyk glad nie soos ’n pasgebore kind nie.” Maar nou, ’n paar dae ná die geboorte, sê Parul en haar man, Biswajit, dat hulle gewoond geraak het aan al die openbare belangstelling in hul baba se buitengewone voorkoms. Lees ook: Indië se grootste baba laat kreun die skaal op byna 7 kg!

“Ons kan net vir God dank,” sê Biswajit. “Dit is onnodig om ongelukkig te wees oor my seun se voorkoms. Ons aanvaar hom nes hy is, want ons is dankbaar om ’n babaseun in die huis te hê.”

Die seuntjie is gebore met die seldsame Hutchinson-Gilford-sindroom, ook bekend as progerie, waarmee net sowat een uit vier miljoen kinders wêreldwyd gebore word. Dit veroorsaak dat die liggaam baie vinniger verouder as wat dit moet.

Lees ook: Baba ongedeerd ná hy uit motor gegooi word

In die meeste gevalle sal lyers nie ouer as 13 jaar word nie, maar Biswajit en Parul is vol hoop dat hul seun wel ouer sal raak.

via GIPHY

Intussen vertel die familie talle nuuskieriges het al by hul huis opgedaag om hul baba se sien. "Selfs mense van nabygeleë dorpies het gekom om ons seun te sien. Ons ontvang hulle graag," het Biswajit gesê.

"Ons is klaar geseën met ’n dogter. Nou is ons ’n gesin van vier. Wat meer kan ons vra?"

Bronne: Daily Mail; Metro.co.uk