Luidens berigte is albei sy bene vergruis.

Die dokter, wat deur die amptelike koerant Herald as Samuel Mvurume geïdentifiseer is, word in Harare in die hospitaal behandel.

’n Skare het saamgedrom ná die ongeluk die naweek naby Chinhoyi in die noorde van Zimbabwe waarby ’n minibus betrokke was. Die bus het ’n boom getref en 23 mense is beseer, berig die koerant.

Samuel het uitgeklim om die ongelukslagoffers te help, maar is deur ’n vragmotor omgery.

Die Herald sê: “Die bestuurder van die vragmotor het vermoedelik paniekerig geraak toe hy die hordes mense langs die pad sien.”

Zimbabwiërs kla die swaar teenwoordigheid van die polisie by padversperrings om boetes in te samel, doen min om die hoë voorkoms van voertuigongelukke in die land te verminder.

Vroeër vandeesmaand is 15 mense naby Bulawayo dood in ’n grusame ongeluk wat glo deur ’n slaggat veroorsaak is. Na raming sterf vyf mense daagliks in padongelukke in Zimbabwe.

Bron: News24