’n Dokter het ’n pen in ’n vrou se maag gevind.

’n Taiwannese vrou is hospitaal toe met “ondraaglike” maagpyn, en maande nadat dokters se raad van geen hulp was nie, het X-strale eindelik die probleem geopenbaar.

Mediese personeel het die pen verwyder, maar het erken dit kon ernstige siekte of dood veroorsaak het as dit veel langer in haar gelos was.

Die vrou beweer sy onthou nie dat sy die pen ingesluk het nie, maar erken dit kon tydens ’n aand uit gebeur het, berig die koerant Metro.