Michael Jackson se dokter, Conrad Murray, het onskuldig gepleit op 'n aanklagte vir onvrywillige manslag in verband met die popster se dood.

Staatsaanklaers in Los Angeles beweer Murray het Jackson doodgemaak.

Die dokter is Dinsdag vrygelaat nadat hy $75 000 (R582 000) borgtog betaal het. Hy het homself vroeër die dag aan die owerhede oorgegee.

Hy kan tot vier jaar tronkstraf opgelê word as hy skuldig bevind word.

Bron: www.nuus24.com