Die polisie het ’n ondersoek gelas na die dood van ’n 5-jarige dogtertjie wie se kop in ’n hyser vasgeknel is.

Paramedici en brandweerbeamptes is Donderdagaand na die dubbelverdiepinghuis in Weymouth ontbied omdat daar ’n jong meisietjie met kopbeserings was.

“Nadat die hyser gestabiliseer is, is klein spesialis-snytoerusting gebruik om die kind los te kry,” het ’n woordvoerder van die brandweer-en-reddingsdiens in Dorset gesê.

Alexis Brown is, ten spyte van die pogings van die nooddienste, op die toneel dood verklaar.

Die dubbelverdiepinghuis is toegerus met ’n oprit buite vir gestremde persone. Die hyser is na bewering geïnstalleer as hulpmiddel vir gestremdes.

Alexis se kop het blykbaar vasgesit in ’n hyser wat gebruik word om ’n rolstoel tussen die grond- en die boonste verdieping van die eiendom te vervoer. Daar is intussen huldeblyke op die sosiale media geplaas vir die dogtertjie wat as ’n “prinsessie” beskryf is. Een van die bure het gesê: “Ek is verpletter, hulle is so ’n gawe, liefdevolle gesin.” Bronne: telegraph.co.uk, theguardian.com