[caption id="attachment_67860" align="aligncenter" width="150"]Alexa Alexa Linboom[/caption]

Alexa Linboom is op Nuwejaarsdag 2012 na die Johnson City-hospitaal in Tennessee gebring nadat sy blou, verlam en in ’n saamgetrekte postuur was, wat gewoonlik ’n aanduidinge is van iemand wat breinskade opgedoen het.

Haar pa, Randall Vaughn, en stiefma, Mary Vaughn, het haar glo gestraf omdat sy ’n druiwe-gaskoeldrank by Mary gesteel het.

Sy het die vloeistof glo binne ’n uur of twee gedrink.

Wanneer iemand te veel water of sodawater drink, word die bloed so verdun dat water versamel in die liggaam se organe, onder meer die brein, om daarvan ontslae te raak. Anders as ander organe, het die brein geen plek om te swel nie en druk dit teen die skedel. Dit kan maak dat jy jou bewussyn verloor.

Alexa se brein het so baie geswel dat dit die opening aan die onderkant van haar skedel toegedruk het en dit die bloedtoevoer na haar brein afgesny het.

Sy is oorlede twee dae nadat sy in die hospitaal opgeneem is.

Die jurie moet nou besluit of die paartjie skuldig aan moord is en of hulle met die dood gestraf kan word. Hulle kan ook tot 60 jaar tronkstraf gevonnis word, met ’n bykomende 20 jaar vir kinderverlating en mishandeling.

Marelize Potgieter

Bronne: dailymirror.com; theatlantic.com